Giuliano di Piero de' Medici | |
---|---|
Portret deur Sandro Botticelli | |
Gebore | 28 Oktober 1453 Florence, Republiek van Florence |
Sterf | 26 April 1478 (op 24-jarige ouderdom) Katedraal van Florence, Republiek van Florence |
Ouer(s) | Piero "die Jigtige", Lucrezia Tornabuoni |
Giuliano di Piero de' Medici (28 Oktober 1453 – 26 April 1478) was die tweede seun van Piero de' Medici ("die Jigtige") en Lucrezia Tornabuoni. Hy het saam met sy broer Lorenzo die Manjifieke oor Florence geheers en sy broer se beeld as "beskermheer van die kunste" gekomplimenteer met sy eie beeld as die aantreklike en sportiewe "goue seun".